Ek's `n ou. Soos seriously... `n Dude, Man, Van die masculine variasie as jy wil... Julle kry die idee. En dit meen (in alle korrekte respekte, tuurlik) dat ek van girls (of die fairer geslag) hou.
Kyk nê, ek's al deur baie in my lewe wat sopas sy derde dekade betree het, veral wat verhoudings betref( let wel, die maak my nie `n kenner of wysgeleerde nie, net `n mens wat homself baie bllotgestel het aan die arduous perellous wereld van meisies en wat dit behels.)
En as so braaf kan wees om wysheid uit te deel( die bietjie wat ek al opgegaar het) sal dit dit wees... Moenie.
Dis reg, bly weg. Jy mors jou tyd. Wag vir Die Een. Dit is die moeite werd, dink ek. Want ek sit nou met al die baggage wat net seer maak. Dit vreet al die opregte emosie en belewenisse wat ek wil gee aan Die Een.
Want daar is nou die amazing girl (what's new) Met wie ek goed deel... Tyd, Verlede, Geheime, Emosies, so baie goed, wat ek al met ander gedeel het omdat hulle OOK mos die een was. En dit buig my(nie breek nie, dit is nie toegelaat nie!) want sy is soooo special. Nou's dit op die punt waar ek als moet herevalueer(?) Om weer daai uniekheid in haar te vind. Want sy het dit! Ek weet sy het.
En nog `n tak in die gedagtelyn, as jy deel, deel met iemand wat regtig vir jou iets beteken, nie iemand wat jy dink, of wil hê moet nie. Net die spesiale mense. En wanneer jy deel, moenie mt ou voorbeeld volg en dit doen uit die soeke vir simpatie nie. Doen dit omdat jy wil hê daardie persoon moet jou leer kien vir wie jy is en waar jy vandaan kom, asook waarheen jy oppad is as jy van plan is om hulle saam te vat.
So... recap. Dit het eintlik die voorafgespreekde topics gedek nê? Maar nou goed dan, dan is dit afgehandel.
Okay, stop die lorrie! dis genoeg vir nou. Sal later weer `n draai kom gooi. Geniet die dag. En onthou al voel `n nie verlief nie, God ons Pappa Vader het jou meer lief as wat jy kan verwerk!
No comments:
Post a Comment