Monday, January 7, 2008

Hi daar slaaiblaar! Ek wil net hê dat julle almal moet weet jy (ja, JY! help nie om oor jou skouer te loer nie) is besonders uniek! Pappa Vader het jou gemaak om jy jouself te wees. Niemand kan jou afbreek sonder jou toestemming nie. Niemand(dis reg), niemand sal ooit jou besonderse enkelvoudigheid van jou af kan ontneem nie, nie eers daai outjie wat vir jou gelag het toe jy jou roomys gedrop het toe jy 6 was nie. (Nee dit het nie met my gebeur nie, dis net `n teoretiese voorstelling! maar dan moet jy ook verstaan dat sonder daardie einste Pappa Vader kan jy nie wees wie jy moet nie. Sonder hom aan die stuur het jy geen wind in jou seile nie, dis perpetuele skemer vir jou my vriend, Kaat hom toe om jou te lei en die son kan skyn( Dit meen nou tuurlik nie dat als sonskyn en rose gaan wees nie, maar met Hom in jou hart kan jy werklike blydskap waardeur! Selfs in die donkerste verhoudings (ja, verhoudings...) Maar meer daaroor volgende keer... In die volgende episode... Bestrawwing, Verhoudings en selfbestrawwende verhoudings! Dit en vele meer

1 comment:

Anonymous said...

Goeie werk Dr Phill(ha-ha)!!! Ek kan nie wag vir jou volgende post nie... Dis KICK- ASS!